top of page

die hedendaagse martelaar


En met groot krag het die apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here Jesus, en groot genade was oor hulle almal. Handelinge 4:33

Die 29ste Junie is 'n spesiale dag. Volgens kerk tradisie was dit die dag waarop Paulus vir sy geloof doodgemaak is. Kerke regoor die wêreld maak tyd om te onthou.


Ons kerk het hierdie jaar ook so gemaak. Dit is goed om diegene te onthou wat die goeie stryd voor ons geveg het. Maar dit is ook goed om diegene te onthou wat hul lewens in ons dag en tyd aflê; Om die hedendaagse martelare te eer.


Die meeste van ons sal nie gevra word om ons geloof te verloën of doodgemaak te word omdat ons glo nie. Maar ons word gevra om daagliks te sterf (1 Korintiers 15:31). Die woord "martelaar" kom van 'n Griekse woord wat "getuienis" beteken. Ons is almal lewende getuienisse van wat Christus in ons lewens gedoen het en wanneer ons dit deel, sterf ons in onsself.


van wat kan jy getuig?


'n Christelike getuienis is dieselfde as 'n getuienis in die hof, om 'n getuie van die gebeure te wees. Om rekenskap te gee van iets wat jy persoonlik gesien of ervaar het. In Handelinge 1:8 sê Jesus "... julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde."


Dank aan God dat ons nie alleen is wanneer ons met ander deel wat Hy in ons lewens gedoen het, huidiglik besig is om in en deur ons te doen, asook wat ons glo Hy eendag sal doen nie. Die eerste deel van Handelinge 1:8 lees: "Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom"


Soos jou alledaagse gesprekke natuurlik vloei, sal 'n tema of punt van konneksie homself voordoen. Vra God om jou te help om hierdie geleenthede te herken en te gebruik. Dit kan enigiets wees van doelwitte, die regering, vergifnis, aspirasies, huwelik, eintlik enigiets. Dit is jou aanduiding om krediet te gee waar krediet toekom (aan God) of om te deel hoe God jou denke oor hierdie spesifieke onderwerp uitgedaag het of om 'n waarheid uit Sy Woord uit te lig.


Dit help natuurlik om te weet en goed vertroud te wees met wat God oor verskeie onderwerpe te sê het, so maak seker dat jy jou hart vul met die regte dinge. Dit sal dit soveel makliker maak om te getuig, dus, om te verseker dat jy gevul is met die regte dinge. "... uit die oorvloed van die hart praat die mond." (Matteus 12:34)


Vra jouself af of jy bereid is om 'n getuie vir 'n kollega, 'n familievriend of selfs jou eie kind te wees en jou huidige "getuienis" met hulle te deel? En weereens, eenvoudig gestel, is dit om krediet te gee waar krediet verskuldig is. Om te deel wat Jesus gedoen het, besig is om te doen of nog gaan doen. Ek sê "huidige" omdat dinge in ons lewens altyd aan die verander is, God is altyd besig om te werk, ons groei heeltyd - en dit is wat jy deel.


Wat is jou getuienis?


Soms sal God jou aanspoor om die storie van jou bekering te deel. Hoe, wanneer en waar Hy jou gered het. Hierdie storie sal dieselfde bly, so ek stel voor dat jy dit neerskryf om dit te kan deur dink, om jou feite agtermekaar te kry en die besonderhede te onthou. Ons vergeet dinge soos dit al hoe verder in ons verlede vloei. Deel dus jou getuienis so dikwels as wat God toelaat - sodat jy kan onthou!


Begin met basiese vrae en beantwoord dit: Wie was ek voordat ek Christus geken het? Hoe het ek bepaal wat die waarheid was? Waar was ek fisies, emisioneel, geestelik voordat ek gered is? Wanneer het ek die eerste keer bewus geword van God of Sy werk in my lewe? Waarom het Hy my gered? Hoe het Hy dit gedoen en hoe het Hy my sedertdien verander?


Die kragtigste getuienisse bevat, ja, 'n duidelike evangelieboodskap, maar is persoonlik (waar, selfs kwesbaar). Met ander woorde: gebruik jou ervarings. Hou dit eg. Wees spesifiek. Gebruik voorbeelde en deel eerlik.


Wees innemend. Vra vrae terwyl jy vertel. "Was jy ook al in 'n motorongeluk?" of "Ek was nie seker wat om te doen nie. Was jy al voorheen oorweldig?" - afhangende van jou storie natuurlik. Aan die einde kan jy hulle betrokke kry met vrae: "Dit het vir my soveel vrede gebring om te weet wat gebeur nadat ek sterf. Wil jy ook seker wees?" of "Ek het in die kerk grootgeword, gedink ek het alles al gehoor. Is hierdie nuus vir jou, soos dit vir my was?"


As jy een-tot-een met iemand praat, hou dit informeel, gespreksmatig en moenie konfronterend wees nie. As jy met 'n gehoor deel, kan jy steeds retoriese vrae vra, maar 'n bietjie dapperder en spesifiek wees deur 'n uitdaging te stel: "Is jy bereid om vir een maand lank kerk toe te gaan en te kyk wat gebeur?" of "Ek moedig jou aan om vir die dominee of my van die vrae te vra waarmee jy tans worstel."


Bemagtig om te deel


Ten slotte, om jou Christelike getuienis te deel by wie jy ook al is, is 'n kragtige manier om aan jouself te sterf. En so ook om aandag te gee aan geleenthede in alledaagse gesprekke. Die Heilige Gees sal vir jou "natuurlike" maniere wys om 'n effektiewe getuie te wees. Maak seker jy is toeganklik, opreg, en nie-veroordelend terwyl jy jou storie deel nie. Onthou, die uiteindelike doel om eer aan God te bring en ander uit te nooi om ook Sy liefde te ervaar. Terwyl ons dit doen, word ons nie net herinner aan God se getrouheid in ons eie lewens nie, maar ons sal ander inspireer om na Hom te soek. Laat ons dus vrymoedig en gewillig wees, gereed om hierdie hoop en vrede wat ons in Christus gevind het, te deel met ander.

Comments


bottom of page