top of page
Faith Baptist Church logo grysskaal

Daaglikse brood

  • Writer: Pastor Clive Dorrington
    Pastor Clive Dorrington
  • May 9
  • 4 min read

Hands breaking a round loaf of bread
U woord is 'n lamp vir my voete en 'n lig vir my pad ~ Psalm 119:105

Die gewoonte om God se daaglikse Brood in te neem, te internaliseer, en in stand te hou binne onself, is nie net voordelig nie. Dit is ook, op grond van die Onse Vader, verpligtend. Maar omdat die stryd werklik is, is dit ook baie uitdagend te doen.


wanneer om te eet


Een van die doeltreffendste maniere om die lees van jou Bybel (en dit eintlik die assimilasie daarvan) 'n gewoonte te maak, is eenvoudig: Sit 'n spesifieke tyd daarvoor opsy. Kies 'n tyd van die dag wanneer JY die meeste wakker en gefokus is. Of vir wanneer jy dit die nodigste het. Dit hang af van persoon tot persoon, maar konsekwentheid is van onskatbare waarde wanneer dit kom by die vestiging van gewoontes.


Ja, daar is baie Bybelse verwysings na oggend (of voor jou dag begin) stiltetyd of saans (voor jou dag eindig), en dit is hoekom baie mense daardie tydgleuwe voorstel, maar moennie dat dit jou weerhou om kreatief te wees nie. JOU beste tyd is dalk net voor jy vertrek om die kinders by die skool te gaan haal, of na jou draf in die oggend. Wat van tydens jou etensuur by die werk?


Bonuswenk: Seisoene verander. Net omdat jy die perfekte tydgleuf gekies het, beteken dit nie dat dit so sal bly nie. Gereelde herevaluering is noodsaaklik vir hierdie wenk om 'n leeftyd gewoonte te word.


waar om te eet


Jy het nie 'n Bybelstudielokaal in jou huis nodig nie - alhoewel dit baie lekker sou wees. Miskien is dit daardie gesellige hoekie by die boekrak. Of dalk iewers in jou tuin? Iewers waarheer jy baie doelbewus kan gaan om geestelik te voed en jouself in God se Woord te verdiep. Selde het ons die luukse van 'n enkele ruimte wat net een doel dien, maar ek wil jou aanmoedig om te doen wat jy moet doen om dit so gemaklik en uitnodigend moontlik te maak vir jouself. Miskien beteken dit 'n kers, 'n geraamde vers, of 'n kussing naby by daardie stoel te voeg. As dit op jou bed is, miskien 'n bedskinkbord? By jou lessenaar, dalk geraasdempende oorfone.


Maak seker dat alles wat jy nodig het handig is, en verkieslik alreeds daar is. Jou Bybel, 'n Joernaal (as dit iets is wat jy doen), en 'n paar skryfbehoeftes. Miskien 'n kommentaar of konkordansie. Wat het jy nodig?


Bonuswenk: Probeer om hierdie spasie, waar dit ook al is, so privaat as moontlik te maak - insluitend van so veel as moontlike goed wat jou aandag kan aftrek. Dit kan beteken om vir kollegas te sê dat as daardie oorfone aan is, jy dit sal waardeer om nie gesteur te word nie. Dieselfde met jou kinders. Susanna Wesley, die ma van John en Charles Wesley, het 'n groot gesin gehad, maar was vasbeslote om elke dag tyd saam met God deur te bring. Sy het geen privaat plek gehad om dit te doen nie, so sy het neergekniel waar sy ook al was en haar kop met haar voorskoot bedek en vir haar kinders geleer dat sy nie gesteur moes word wanneer dit gebeur nie.


wat om te eet


Daar is uitstekende hulpbronne om 'n bietjie struktuur aan jou Bybelleesreis te bring. Veral wanneer jy begin kan waar om te begin, hoeveel om op 'n slag te lees, ens. regtig padblokkades wees.


Daaglikse leesplanne kan help om sommige hiervan aan te spreek. Maar kies een wat reg is vir jou skedule. Kies iets rustig. Iets wat jou tyd gee om werklik jou Brood te kan kou, nie net om dit in gesluk te kry nie. Dink kwaliteit, nie kwantiteit nie.


Oordenkings kan help, veral terwyl jy konsekwentheid kweek. Maar hou in gedagte dis Brood wat alreeds vir jou gekou is. Dit behoort jou ook baie versigtig te laat kies wie dit vir jou gekou het. Maak seker dit is iemand wat vertrou kan word. Jy kan dit ook 'n bietjie verhoog deur die oordenking se gedeelte vir daardie dag as jou springplank te gebruik om miskien die hoofstuk te lees (teenoor alleenlik net die vers waarna hulle verwys). Dit kan ook 'n beter konteks bring aan wat die skrywer van daardie dag se oordenking bedoel het.


Bonuswenk: As jy nie weet waar om te begin nie, laat jou kerk jou gids wees, in die sin dat, waaroor daar ookal geleer of gepreek word, jy daaroor uitbrei in jou daaglikse lesings. As die Pastoor deur Filippense preek, lees en bestudeer Filippense in jou stiltetyd. As die Groeigroep "gebed" hierdie kwartaal bespreek, maak dit die onderwerp van jou persoonlike toewydings. So, as jy net meer eet van wat God reeds voer, kan dit 'n goeie koördineerder van jou daaglikse lesings wees.


Wat jy ook al doen, iets eet


Om "Bybel gelees" op jou daaglikse gewoonte-wyser af te merk vereis toewyding, maar Eerste Timoteus 4:8 stel dit so: "Om jou liggaam te oefen, het wel 'n bietjie waarde, maar om in toewyding aan God te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit bevat 'n belofte van lewe, vir nou en die toekoms." Deur 'n spesifieke tyd en 'n toegewyde plek opsy te sit, sowel as hulpbronne te gebruik, is jy eintlik reeds gereed vir sukses ten opsigte van jou daaglikse Brood te geniet. Laat God toe om jou daagliks te voed.

Comments


Hoe om ons te kontak

+2772 264 0076

admin@faith.org.za

 

Andromeda-laan 64, Reynorif

Witbank, Mpumalanga, Suid-Afrika, 1049

  • White Instagram Icon
  • White YouTube Icon
  • White Facebook Icon

Have a question, comment, or concern? Submit your message here and we will get back to you asap.

2024 Faith Baptist Church geskep met wix.com

Kyk na ons privaatheidsbeleid

bottom of page