Leer om te luister
- Corlene Dorrington
- 3 days ago
- 3 min read

...so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan; dit sal nie leeg na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek behaag, en dit sal voorspoedig wees in die ding waarvoor Ek dit gestuur het. ~ Jesaja 55:11
In hierdie wêreld van TikTok, kitskos en selfde-dag aflewering, word die kuns om te leer om te luister en aandag te gee al hoe moeiliker. Nog meer selfs in die kerk waar jy nie net links kan swiep as die Pastoor nie iets boeiends of opwindend sê nie. Dit verg oefening om aandag te behou, maar dit is nie onmoontlik nie.
Verminder afleidings
Elke kerk het 'n ander opset, en dus verskillende moontlike afleidings. Identifiseer hulle. Wat het jou gedagtes laat afdwaal? Wat het jou fokus binnegedring? Probeer dan, waar dit binne jou beheer is, om hierdie afleidings te beperk. Daar is, byvoorbeeld, 'n dame in ons gemeente met twee kleintjies. Ons het nie 'n kinderkerk waarheen die kinders tydens die diens gaan nie, so sy erken dat hulle haar aandag maklik aflei. Haar aksieplan is om 'n sak met stil speelgoed, 'n paar nie-morsige versnaperinge en 'n kombers vir die vloer te bring om hulle 'n toegelate ruimte te gee om te kan beweeg en besig te bly sonder haar volle aandag. Die chaos word bedwing, en die kinders word vermaak, wat haar (meer) vry laat om te kan luister.
Met watter aksieplan, dink buite die boks, kan jy vir jou afleidings vorendag kom?
Neem aantekeninge
Hierdie voorstel kan baie vorme aanneem; nie net sleutelwoorde met pen op papier neerskryf nie. Wat van prentjies teken? Alhoewel sleutelwoorde 'n maklike begin kan wees as jy nog nooit so iets in die kerk probeer het nie. Die aksie om iets neer te skryf help om 'n konsep te versterk in die brein, sodat dit beter in die gedagtes vassteek. Sulke aantekeninge kan ook dien as vrae vir dieper studie later in jou privaat stilte-tyd. Dit kan 'n aanhaling wees waarvan jy gehou het (waarom het jy daarvan gehou?), 'n onvergeetlike illustrasie (waarom het jy daarby aanklank gevind?), of net 'n versverwysing (wat is die konteks van daai vers in die Bybel?).
Miskien het die pastoor iets gesê wat jy nie mooi verstaan het nie of selfs nie mee saamgestem het nie - skryf dit ook neer en gaan soek antwoorde.
Vra jou vrae
Hopelik het jou pastoor 'n oopdeurbeleid vir vrae en kommentaar wat deur sy preek na vore mag kom. As daar iets in die boodskap was waaroor jy onseker is of waaroor jy vrae het, sal dit enige aandagtige luister ontmoedig om bloot hierna te luister, wat nooit beantwoord of aangespreek moet word nie. Die wete dat jy egter antwoorde kan vind op vrae wat opduik, veral deur oop kommunikasie direk met die spreker, sal jou onbewustelik aanmoedig om aandag te gee tydens die preek.
Begin 'n gesprek
Die gesprek hoef nie met die pastoor te wees nie. Miskien is dit met wie ook al saam met jou in die kar is oppad huis toe. Miskien kan jy 'n interessante gesprek begin om die koffietafel tydens samesyntyd na die diens. Deur 'n gesprek oop te maak laat jy jouself toe om vars perspektiewe van ander te kry en leer jy jouself om te probeer onthou wat jy van die Pastoor gehoor het, om dit in jou eie woorde om te sit. Dit sal die punt van die boodskap selfs verder verskerp. Die Bybel is immers geskryf vir gemeenskapsbetrokkenheid!
hoekom enigsins luister?
Hierdie voorstelle is bedoel om jou aandagspan te oefen - en uiteindelik jou algemene houding teenoor die aanhoor van enige preek te verbeter. Dit is iets wat ons alaml kan leer om beter te doen.
Besef jy dat God daardie herder agter die preekstoel kan gebruik om Sy kudde te voed? Dit is deel van hoekom God die kerk gemaak het; sodat Sy Woord aan die skape verkondig en gehoor en verwerk kan word. Doen jy alles wat jy kan om te eet? Wat wou God jou leer of jou aan herinner, met hierdie preek vandag? Jy sal nie kan antwoord as jy nie aandag gegee nie. En Sy boodskap was spesiaal om julle verhouding te verdiep. Gaan jy Sy aanbod hierop aanvaar, en nie net luister nie, maar met die teks ineteraktief wees. Dit begin deur te leer om te luister.
Comments