pastoor, ek is depressief
- Pastor Clive Dorrington
- Mar 28
- 3 min read

As een lid ly, ly al die lede saam... (1 Korintiërs 12:26)
Hierdie is kragtige woorde. Sterk bewoord. So hoekom is dit, dat wanneer dit kom by die geestesgesondheidsepidemie wat die wêreld tans in die gesig staar, die kerk se reaksie so ... gemeng is? "Pastoor, ek is depressief..." En toe? Wat se hy?
Baie kerke het dit afgeskaf as 'n gebrek aan geloof of 'n sondekwessie. Jy bid eenvoudig nie genoeg nie! Terwyl ander kerke so swak toegerus of onkundig is, en dus magteloos is om betekenisvolle hulp te verleen, dat hulle die probleem net altesaam geïgnoreer het.
Die kerk behoort die mees in staat te wees om Bybelse, Christus-gesentreerde hulp te verskaf aan enigiemand wat aan geestesversteurings of geestesgesondheidskwessies ly. Ons God is nie bang, onbewus, of minaggend van hierdie epidemie nie - en ons moet ook nie wees nie! Sy liefde is so sterk!
Hou in gedagte
Eerstens moet die kerk erken dat geestesgesondheid ook 'n fisiese probleem is, net soos 'n gebreekte been. Ons moet begrip kry oor die fisiese en mediese aspekte daarvan, wat deel vorm van die holistiese pakket van "geestelik" gesondheid.
Om met 'n dokter te praat is 'n goeie eerste stap - vir die een wat hulp nodig het, maar ook vir die een wat daarna streef om ander te help. Verstaan jou kerk mnse ten minste die basiese medisinale, dieet- en psigiatriese faktore wat 'n rol speel wanneer iemand aan depressie ly? Of selfs aan paniekversteuring ly?
Onthou dat mense gewoonlik in gesinne is. Almal in daardie gesin het God se liefde nodig wat deur aanmoediging en ondersteuning gemanifesteer moet word. Help die hele gesin nie net die individu nie; hulle is nie die enigste een wat met die gevolge van hierdie stryd moet saamleef nie. Kan iemand in die kerkfamilie vir die gesin gereeld maaltye vat? Kan iemand dalk na die kinders vir 'n middag kyk? Dink prakties.
Gewoontebou - om die leefstyluitdagings aan te pak - kan van soveel hulp wees, maar dit verg tyd, geduld, en aanspreeklikheid. Dit alles is ook nodig aangesien ons saam besig is om te leer hoe om hierdie ding te bestuur (nie te genees nie).
Al ons hulp kom uiteindelik van die Here af, so laat almal Bybels dink oor hierdie toestande. Herinner hulle aan hulle hoop wat in Christus alleen te vind is. God het Sy kinders lief en help hulle deur Sy kinders. Ons moet daar wees vir mekaar. EN om dit te kan doen kort ons kennis.
Deernis gaan reeds so 'n lang pad, maar om Christus se liefde te wys beteken nie dat ons enigiemand valse hoop gee nie. Ons word geroep om die waarheid in liefde te praat, en deel van hierdie roeping tot realiteit is wanneer ons verwagtinge moet stel. Sowel as om ferm te wees wanneer ons wel met sondekwessies te doen kry - dit is soms 'n RESULTAAT, maar selde tot nooit die oorsaak van geestesversteurings nie.
waarvoor ons hier is
Die kerk se eerste en belangrikste verantwoordelikheid is om God te verheerlik deur die opdragte aan die kerk, wat duidelik in die Skrif uiteengesit word, na te kom . En daaruit weet ons dat die liggaam van Christus gebou moet word in die eenheid van die Gees. Onthou dus dat, of jy berading nodig het en of jy berading is vir mense met geestesgesondheidskwessies voorsien, doen dit volgens Jesus, nooit in 'n "ons en hulle"-scenario nie. Ons word almal geraak! Ons ly almal onder die gevolge van hierdie gevalle wêreld. En dit maak almal seer. ONs moene tot die seer bydrae deur onkunde nie.
Redding deur Christus gee ons die vryheid om aan te hou deur die wete dat ons eendag volkome bevry sal word van sonde se lelike gevolge.
Intussen is ons elkeen se roeping om deernis met mekaar te he, mekaar te dien deur te weet wat ons kan, en Christus se liefde op so praktiese manier as moontlik te realiseer - of dit nou berading is of dit is om saam met iemand na die Dokter toe te gaan. Dis nie 'n sypaatjie van die kerk om ons Bybelse doelwitte te bereik nie. Hierdie is die hele punt an die kerk: Liedfe in aksie! Dit is die rede waarom ons hier is, gevestig as 'n fisiese en geestelike ondersteuningstelsel vir mekaar.
Comments